Bundeswehr
| Bundeswehr | |
|---|---|
| Land | Duitsland |
| Tipe | Gewapende Magte |
| Spesialisasie | Weermag, Vloot, Lugmag, Kuber en Inligtingruimte |
| Hoofkwartier | Eerste kantoor: Hardthöhe (Bonn), Tweede kantoor: Bendlerblock (Berlyn) |
| Opperbevelvoerder | In vredestyd: Minister van Verdediging Boris Pistorius In geval van verdediging: Kansellier Friedrich Merz Militêre bevelvoerder: Generaal Carsten Breuer |
| Aantal lede | 184 324 (30 November 2025)[1] |
| Jaarbegroting | 108.2 miljard EUR (~127 miljard USD) (2026)[2] |
| % van BBP | 2,69% (2026)[3] |
Die Bundeswehr (letterlik Federale Verdediging) is die gewapende magte van die Bondsrepubliek Duitsland. Die Bundeswehr is verdeel in 'n militêre deel (gewapende magte of Streitkräfte) en 'n burgerlike deel, die militêre deel bestaan uit die Duitse Leër, die Duitse Vloot, die Duitse lugmag, die gesamentlike ondersteuningsdiens, die gesamentlike mediese diens en die kuber en Inligtingsdomeindiens.
Op 28 Februarie 2025 het die Duitse Gewapende Magte 'n sterkte van 186 221 militêre personeel en 81 205 burgerlike werknemers gehad.[1] wat dit onder die 30 grootste militêre magte ter wêreld geplaas het, en die derde grootste in die Europese Unie naas Pole en Frankryk. Daarbenewens het die Bundeswehr ongeveer 860 000 reserwepersoneel (2025).[4] Met Duitse militêre uitgawes op $88,5 miljard (2024),[5] is die Bundeswehr die vierde hoogste befondsde weermag in die wêreld, hoewel militêre uitgawes tot onlangs laag gebly het teen 'n gemiddeld van 1,42% van nasionale BBP,[3] ver onder die nie-bindende NAVO-teiken van 2%. In 2024 het Duitsland NAVO-verpligtinge nagekom om 2% van sy BBP aan sy gewapende magte te bestee.[3] Duitsland beoog om die Bundeswehr teen 2025 tot ongeveer 203 000 soldate uit te brei om toenemende verantwoordelikhede beter te hanteer.
Na aanleiding van kommer oor die Russiese inval in Oekraïne, het Duitsland 'n groot verskuiwing in beleid aangekondig en 'n spesiale fonds van €100 miljard vir die Bundeswehr belowe - om jare se onderinvestering reg te stel - tesame met die verhoging van die begroting tot bo 2% BBP.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- 1 2 "Personalzahlen der Bundeswehr" (in Duits). Bundeswehr.de. 31 Julie 2025. Besoek op 8 September 2025.
- ↑ "Deutschland investiert in Verteidigung und stärkt das Bündnis" (in Duits). Besoek op 2 Januarie 2026.
- 1 2 3 "Defence Investment of NATO Countries (2014-2026)" (PDF) (in Engels). nato.int. 3 Julie 2026. Besoek op 18 Julie 2025.
- ↑ "Reserve der Bundeswehr" (in Duits). Bundeswehr.de. Besoek op 8 September 2025.
- ↑ Xiao Liang,Dr Nan Tian, Dr Diego Lopes da Silva, Lorenzo Scarazzato, Zubaida Karim, Guiberteau Ricard. "Trends in World Military Eypenditure 2024" (PDF) (in Engels). SIPRI. Besoek op 21 Julie 2025.
{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link) - ↑ "Mehr als 100 Milliarden Euro für die Bundeswehr – für unsere Sicherheit" (in Duits). bmvg.de. 27 Februarie 2022. Besoek op 24 Maart 2025.
