Gladiolus aureus
Voorkoms
| Gladiolus aureus | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Plantae |
| Klade: | Tracheofiete |
| Klade: | Angiospermae |
| Klade: | Monocotyledon |
| Orde: | Asparagales |
| Familie: | Iridaceae |
| Genus: | Gladiolus |
| Spesie: | G. aureus |
| Binomiale naam | |
| Gladiolus aureus Baker, (1897) | |
| Sinonieme | |
| |
Gladiolus aureus is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Gladiolus behoort en is deel van die fynbos. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en word gevind op die Kaapse Skiereiland. Die plant het 80% van sy habitat verloor sedert 1980. Daar is 'n paar redes daarvoor: onttrekking van grondwater en indringerplante, die acacia's. Die plant is ook oorbenut deur blomverkopers terwyl informele behuising ook 'n gedeelte van die habitat beset het.