Gaan na inhoud

Jay Kelly

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jay Kelly

George Clooney, Noah Baumbach, Laura Dern en Adam Sandler by die vertoning van Jay Kelly op die New Yorkse Rolprentfees van 2025.
Regisseur Noah Baumbach
Vervaardiger
  • Noah Baumbach
  • Amy Pascal
  • David Heyman
Draaiboek
  • Noah Baumbach
  • Emily Mortimer
Met
Musiek deur Nicholas Britell
Kinematografie Linus Sandgren
Ateljee
  • Pascal Pictures
  • Heyday Films
  • NB/GG Pictures
Verspreider Netflix
Uitgereik 28 Augustus 2025 (2025-08-28), Venesiese Rolprentfees
28 Augustus 2025 (2025-08-28), VSA
Speeltyd 132 minute[1]
Land VK, VSA
Taal Engels

Jay Kelly is 'n komediedramarolprent van 2025 wat deur Noah Baumbach geregisseer en deur hom en Emily Mortimer geskryf is. Die prent het 'n uitmuntende rolverdeling, met onder andere George Clooney, Adam Sandler, Laura Dern en Stacy Keach. Dit gaan oor die vriendskap tussen 'n beroemde akteur (Clooney) en sy bestuurder (Sandler) terwyl hulle deur Europa reis en besin oor hulle lewenskeuses, verhoudings en nalatenskap.[2]

Die prent se première was op 28 Augustus 2025 op die Venesiese Rolprentfees[3] en dit is daarna op 14 November in uitgesoekte teaters uitgereik en op 5 Desember op Netflix.

Hoofakteurs

[wysig | wysig bron]

Storielyn

[wysig | wysig bron]

Bederwingswaarskuwing: Die storielyn en/of storie se einde volg hieronder.


Nadat Jay Kelly, ’n bekende akteur, die verfilming van sy laaste rolprent voltooi het, wil hy ’n paar rustige dae saam met sy jongste dogter, Daisy, deurbring voordat sy na Europa vertrek en met kollege begin. Hy stel ’n reis saam voor, maar sy stel nie belang nie en wil liewer saam met haar vriende gaan reis. Die afstand tussen hulle groei al jare, en nie een van hulle weet hoe om dit te oorbrug nie.

George Clooney en Adam Sandler by die première van Jay Kelly.

Op die begrafnis van 'n regisseur saam met wie Jay vantevore gewerk het, loop Jay sy ou dramastudentemaat, Tim, raak wat nou ’n kindersielkundige is. In ’n kroeg begin hulle met stories uit die ou dae, maar die stemming raak gespanne toe Tim die vriendin noem met wie Jay ná hom uitgegaan het, sowel as die rol wat Jay beroemd gemaak het. Hy sê Jay het albei van hom “gesteel”. Hulle argument loop uit op ’n fisieke konfrontasie wat Jay met ’n blou oog laat.

Die volgende oggend onttrek hy hom aan sy volgende rolprent en bespreek ’n vlug na Europa. Sy bestuurder, Ron, waarsku hom dat dit sy loopbaan kan verwoes, maar Jay sê vir hom hy wil Daisy opspoor ’n huldeblykgeleentheid in Toskane bywoon. Meg, Jay se assistent, spoor Daisy op deur een van haar vriendin se kaarttransaksies na te gaan. Teen die tyd dat Jay en sy span Parys bereik, is sy reeds op ’n trein uit die stad, en hulle volg haar. Aan boord van die trein ontspan Jay vir die eerste keer in maande, terwyl mense hom as ’n ster herken, maar hom behandel soos een van hulle. Hy maak grappies, neem foto’s en nooi ’n paar mense na sy huldeblykgeleentheid. Terselfdertyd versprei die nuus aanlyn dat Tim hom vir aanranding dagvaar. Ron en Liz, Jay se reklameagent, praat oor die jare wat hulle daaraan bestee het om Jay te bestuur en hoe hulle vroeër saam was, maar hulle lewens draai nou doelloos om Jay se probleme. Liz besluit om terug te gaan huis toe.

Jay vind uiteindelik vir Daisy in die trein se eetwa. Die hereniging eindig vinnig toe sy agterkom hy het haar gevolg. Toe ’n fietsryer aan boord van die trein ’n vrou se handsak steel, hardloop Jay agter hom aan en kry dit terug. 'n Video word daarvan geneem. Ron stel voor hulle nooi Jay se pa om by hulle aan te sluit. Jay stem in en dink hy kan die geleentheid gebruik om hulle verhouding te herstel. Teen die tyd dat hulle Toskane bereik, het die video reeds op die internet versprei en Jay word as ’n held bestempel. Later vertel Ron vir hom dat Tim die regsgeding laat vaar het nadat prokureurs ’n ou, onbetaalde dwelmklag op Tim se rekord ontdek het.

Jay se pa arriveer, maar lyk moeg en wil na Maine terugkeer. Jay smeek hom om te bly, maar hy ry in 'n taxi weg. Jay bel sy oudste dogter, Jessica, en vra haar om te kom kuier. Sy weier en sê sy het al vrede gemaak met die idee dat hy nie in haar lewe is nie.

Ron besluit ook om huis toe te gaan, maar toe Jay sy taxi sien wegry, hardloop hy hom in en smeek hom om na die huldeblyk te kom. Ron stem in, maar sê vir hom hulle professionele verhouding is verby. Jay besef uiteindelik hy het jare lank betaalde lojaliteit met vriendskap verwar.

Ontvangs

[wysig | wysig bron]

Op Rotten Tomatoes het Jay Kelly 'n goedkeuringsyfer van 78% gekry, gebaseer op 147 resensies. Die webtuiste prys Clooney en Sandler se toneelspel.[6] Op Metacritic het die prent 'n punt van 67 uit 100 gekry, gebaseer op 43 resensies, wat dui op 'n "algemeen gunstige" ontvangs.[7] Dit het verskeie pryse gewen, veral op rolprentfeeste soos in Palm Springs,[8] Santa Barbara[9] en Zürich.[10]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ "Jay Kelly [M]". Australian Classification Board. 15 Augustus 2025. Besoek op 16 Augustus 2025.
  2. ↑ DiLillo, John (18 Julie 2025). "Jay Kelly Is Noah Baumbach's New Film Starring George Clooney and Adam Sandler". Netflix Tudum. Besoek op 20 Julie 2025.
  3. ↑ "Biennale Cinema 2025 | Jay Kelly". La Biennale di Venezia (in Engels). 15 Julie 2025. Besoek op 22 Julie 2025.
  4. ↑ Grobar, Matt (6 Mei 2025). "Netflix Dates Noah Baumbach's 'Jay Kelly' Starring George Clooney & Adam Sandler". Deadline Hollywood. Besoek op 6 Mei 2025.
  5. 1 2 3 4 Canfield, David (4 Augustus 2025). "George Clooney and Adam Sandler's Jay Kelly Explores What Movie Stardom Really Means". Vanity Fair.
  6. ↑ "Jay Kelly (2025)". Rotten Tomatoes. Fandango Media. Besoek op 8 Desember 2025.
  7. ↑ "Jay Kelly". Metacritic. CBS Interactive. Besoek op 8 Desember 2025.
  8. ↑ Verhoeven, Beatrice (7 November 2025). "'Jay Kelly' Star Adam Sandler to Receive Chairman's Award at Palm Springs International Film Festival". The Hollywood Reporter. Besoek op 11 November 2025.
  9. ↑ Hammond, Pete (15 Oktober 2025). "Adam Sandler To Be Honored With Maltin Modern Master Award At Santa Barbara Film Festival". Deadline Hollywood (in Engels). Besoek op 1 November 2025.
  10. ↑ https://www.datocms-assets.com/152459/1759590127-golden-eyes-for-films-from-slovakia-and-switzerland.pdf

Skakels

[wysig | wysig bron]