Melanien


Melanien is ‘n natuurlike biologiese pigment wat verantwoordelik is vir die kleur van die vel, oë en sekere dele van die brein.[1] Dit word vervaardig deur gespesialiseerde selle, bekend as melanosiete, wat hoofsaaklik in die onderste laag van die epidermis voorkom.
Samestelling van melanien
[wysig | wysig bron]Melanien is ‘n komplekse biopolimeer, wat beteken dit bestaan uit baie klein molekules wat aan mekaar verbind is.[2]
Dit word hoofsaaklik gevorm uit die aminosuur Tirosien. Die vervaardiging van melanien staan bekend as melanogenese. Die ensiem tirosinase speel ‘n belangrike rol deur tirosien om te skakel na verskeie tussen produkte totdat melanien gevorm word.[3] Melanien bevat hoofsaaklik:
Funksies van melanien
[wysig | wysig bron]Beskerming teen UV-strale: Melanien absorbeer UV-strale voordat dit die DNA in selle beskadig. Dit verlaag die risiko van sekere vorme van velkanker. [4]
Verminder oksidatiewe stres: Melanien neutraliseer vrye radikale
Bepaal kleur: Melanien bepaal die kleur van vel, oë en hare.
Beskerm die oë: Melanien in die iris absorbeer oormagtige lig en verminder glans. Dit help om die oë teen helder lig te beskerm.
Tipes Melanien
[wysig | wysig bron]Daar is drie hoofsoorte melanien. [5]
Eumelanien
Eumelanien is die mees algemene tipe melanien en is verantwoordelik vir bruin en swart pigment in die vel, hare, en oë. Dit bied foto beskerming deur ultraviolet (UV) straling te absorbeer, DNA-skade te verminder, en as ’n anti-oksidant te werk.Kom voor by mense met donker hare, donker oë en donker vel. Bied uitstekende beskerming teen UV-strale
Feomelanien
Feomelanien vervaardig geel tot rooi kleure, wat rooi hare, blonde hare, en ligte vel veroorsaak. Anders as eumelanien, is dit minder effektief om UV-strale te blokkeer, wat beteken dat mense met hoër pheomelanine vlak meer vatbaar is vir sonskade en UV-verwante velskade.[6] Kom algemeen voor by mense met rooi hare en ligter vel.
Neuromelanien
Neuromelanien word in die brein gevind. Dit is 'n donkerbruin pigment wat gesintetiseer word uit neurotransmitters soos dopamien, noradrenalien en serotonien.[7] Neuromelanien mag 'n rol speel in die binding van toksiese metale en molekules, wat moontlik neurone beskerm.Dit beskerm senuweeselle en kan moontlik help om oksidatiewe skade te verminder.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Staughton, John (24 April 2016). "Why Do People Have Different Skin Colors?". ScienceABC (in American English). Besoek op 7 Julie 2026.
- ↑ Beck, Kevin (6 Mei 2019). "The Chemistry Of Melanin". Sciencing (in American English). Besoek op 7 Julie 2026.
- ↑ Slominski, Radomir M.; Sarna, Tadeusz; Płonka, Przemysław M.; Raman, Chander; Brożyna, Anna A.; Slominski, Andrzej T. (14 Maart 2022). "Melanoma, Melanin, and Melanogenesis: The Yin and Yang Relationship". Frontiers in Oncology (in English). 12. doi:10.3389/fonc.2022.842496. ISSN 2234-943X.
{{cite journal}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ Morison, Warwick L. (1 September 1985). "What Is the Function of Melanin?". Archives of Dermatology. 121 (9): 1160–1163. doi:10.1001/archderm.1985.01660090074017. ISSN 0003-987X.
- ↑ Solano, Francisco (18 Maart 2014). "Melanins: Skin Pigments and Much More—Types, Structural Models, Biological Functions, and Formation Routes". New Journal of Science. 2014: 1–28. doi:10.1155/2014/498276.
- ↑ Solano, F. (2014). "Melanins: Skin Pigments and Much More—Types, Structural Models, Biological Functions, and Formation Routes". New Journal of Science. 2014: 1. doi:10.1155/2014/498276. ISSN 2356-7740.
- ↑ Solano, F. (18 Maart 2014). "Melanins: Skin Pigments and Much More—Types, Structural Models, Biological Functions, and Formation Routes". New Journal of Science (in Engels). 2014: 1–28. doi:10.1155/2014/498276. ISSN 2356-7740.