Gaan na inhoud

Vul (sterrebeeld)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vul
Latynse naamEquuleus
GenitiefEquulei
AfkortingEqu
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming21h
Deklinasie10º
Grootte72 vk. grade (87ste)
KwadrantNQ4
Besonderhede
Hoofsterre3
Helderste sterKitalpha (Alpha Equulei)
Naaste sterGliese 818 (HD 200779)
Sterre helderder as 3 m0
Sterre met planete1
Messier-voorwerpe0
Bayer-/Flamsteed-sterre10
Aangrensende sterrebeelde
Waterdraer, Dolfyn, Vlieënde Perd
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Vul (Latyn: Equuleus) is ’n dowwe sterrebeeld in die noordelike hemelruim, die tweede kleinste beeld naas die Suiderkruis. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.

Ruimtevoorwerpe

[wysig | wysig bron]

Die helderste ster in die Vul is Kitalpha (Alpha Equulei) met ’n helderheid van 3,92 mag. Daar is ’n paar noemenswaardige dubbelsterre: γ Equ, ε Equ (wat uit vier komponente bestaan) en δ Equ, waarvan die komponente elke 5,7 jaar om mekaar wentel – op ’n tyd die kortste bekende tyd vir ’n optiese dubbelster. Daar is min veranderlike sterre in die sterrebeeld. Net sowat 25 is bekend en die meeste is dof. γ Equ wissel elke 12½ minute tussen 4,58 en 4,77 mag.

Weens die Vul se afstand van die Melkweg af is daar net ’n paar dowwe sterrestelsels tussen 13 en 15 mag wat hier voorkom, soos NGC 7015, NGC 7040, NGC 7045 en NGC 7046.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]