Gaan na inhoud

Westpacstadion

Westpacstadion
Wellingtonstadion
Buiteaansig van die Westpacstadion

Bynaam Die Koekblik, Die Stadion
Ligging Wellington, Nieu-Seeland
Koördinate 41°16′23″S 174°47′9″O / 41.27306°S 174.78583°O / -41.27306; 174.78583
Eienaar Wellington Regional Stadium Trust
Operateur Wellington Regional Stadium Trust
Kapasiteit 34 500 (sitplekkapasiteit)[1]
33 000 (krieket)[2]
Oppervlak Gras
Konstruksie
Eerste sooi gespit 12 Maart 1998
Geopen 3 Januarie 2000[3]
Boukoste $130 miljoen NZD
Argitek Architecture Warren & Mahoney Ltd
Populous (toe Bligh Lobb Sports Architecture)
Projekbestuurder Beca Carter Hollings & Ferner Ltd
Hoofkontrakteurs Fletcher Construction Ltd
Huurders
Hurricanes (Superrugby, 2000–huidig)
Wellington Leeus (ITM-beker, 2000–huidig)
Wellington Firebirds (krieket, 2000–huidig)
Wellington Phoenix (sokker, 2008–huidig)

Die Westpacstadion (vroeër bekend as die WespacTrust Stadion) is 'n sportstadion in Wellington, Nieu-Seeland.[4] Weens die stadion se vorm en silwerkleurige omhulsel staan die stadion in volksmond bekend as Die Koekblik.

Geriewe en benutting

[wysig | wysig bron]
Lugbeeld van die Westpacstadion en CentrePort Wellington in 2015
NZ Army-prestasie op Westpac-stadion in 2012

Dit is 'n veeldoelige stadion wat hoofsaaklik vir sportgebeurtenisse aangewend word. Dit is die tuiste van die Wellington Leeus-rugbyspan wat aan die ITM-beker deelneem. Dit is ook die primêre tuisveld van die Hurricanes wat aan Superrugby deelneem. Verder is die stadion ook die gasheer vir die Wellingtonse toernooi in die jaarlikse IRR Sewes Wêreldreeks vir nasionale sewesrugbyspanne. Die All Blacks speel ook gereeld van hulle internasionale wedstryde op die Westpacstadion.

Die Westpacstadion is ook die tuisveld van die sokkerklub Wellington Phoenix met die ondersteuners van die Phoenix wat na die stadion as die Ring of Fire verwys. Die Nieu-Seelandse nasionale sokkerspan (die All Whites) speel ook dikwels hier in internasionale wedstryde waaronder die kwalifiserende wedstryd teen Bahrein vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 wat Nieu-Seeland 1–0 gewen het. 'n Ander was die kwalifiserende wedstryd teen Meksiko vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 wat Meksiko met 4–2 gewen het.

Die stadion is ook reeds gebruik vir rugby leaguewedstryde. Vertoonwedstryde tussen spanne van die Australiese Voetballiga is in 2000 en 2001 op die Westpacstadion gespeel.

Krieket word dikwels gedurende somermaande op die stadion gespeel. Ander fasiliteite sluit in die Nieu-Seelandse Instituut vir Sport asook 'n kampus vir die Wellingtonse Krieketskool wat deur die Wellingtonse Krieketvereniging beheer word. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 2015 vir vier wedstryde gebruik. Dit was ook een van die gasheerstadions tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2023.

Galery

[wysig | wysig bron]
Panorama van die Westpacstadion
Panorama van die Westpacstadion

Wedstryde

[wysig | wysig bron]

Rugbywêreldbeker 2011

[wysig | wysig bron]
Datum Tyd (NZST) Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
11 September 201120:30Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika17–16Vlag van Wallis WallisGroep D33 331
17 September 201118:00Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika49–3Vlag van Fidji FidjiGroep D33 262
23 September 201120:30Vlag van Australië Australië67–5Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateGroep C33 824
25 September 201120:30Vlag van Argentinië Argentinië13–12Vlag van Skotland SkotlandGroep B26 937
1 Oktober 201118:00Vlag van Frankryk Frankryk14–19Vlag van Tonga TongaGroep A32 763
2 Oktober 201115:30Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland79–15Vlag van Kanada KanadaGroep A37 665
8 Oktober 201118:00Ierse Rugbyvoetbalunie-vlag  Ierland10–22Vlag van Wallis WallisKwarteindrondte35 787
9 Oktober 201118:00Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika9–11Vlag van Australië AustraliëKwarteindrondte34 914

Krieketwêreldbeker 2015

[wysig | wysig bron]
Groepfase
20 Februarie 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
123 (33.2 boulbeurte)
t
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
125/2 (12.2 boulbeurte)
Joe Root 46 (70)
Tim Southee 7/33 (9 boulbeurte)
Brendon McCullum 77 (25)
Chris Woakes 2/8 (3 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 8 paaltjies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 30 148
Skeidsregters: Paul Reiffel (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Tim Southee (NZ)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
Groepfase
1 Maart 2015
11:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Engeland Engeland
309/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka
312/1 (47.2 boulbeurte)
Joe Root 121 (108)
Tillakaratne Dilshan 1/35 (8.2 boulbeurte)
Lahiru Thirimanne 139* (143)
Moeen Ali 1/50 (10 boulbeurte)
Sri Lanka wen met 9 paaltjies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 18 503
Skeidsregters: Bruce Oxenford (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: Kumar Sangakkara (SL)
  • Engeland het die loot gewen en verkies om te kolf.
Groepfase
12 Maart 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
341/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Verenigde Arabiese Emirate Verenigde Arabiese Emirate
195 (47.3 boulbeurte)
AB de Villiers 99 (82)
Mohammad Naveed 3/63 (10 boulbeurte)
Swapnil Patil 57* (100)
AB de Villiers 2/15 (3 boulbeurte)
Suid-Afrika wen met 146 lopies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 4 901
Skeidsregters: Steve Davis (Aus) en Rod Tucker (Aus)
Speler van die wedstryd: AB de Villiers (SA)
  • Die Verenigde Arabiese Emirate het die loot gewen en verkies om veldwerk te doen.
Kwarteindrondte
21 Maart 2015
14:00 (NZDT) (D/N)
Telkaart
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland
393/6 (50 boulbeurte)
t
Vlag van Wes-Indië Wes-Indië
250 (30.3 boulbeurte)
Martin Guptill 237* (163)
Jerome Taylor 3/71 (7 boulbeurte)
Chris Gayle 61 (33)
Trent Boult 4/44 (10 boulbeurte)
Nieu-Seeland wen met 143 lopies
Westpacstadion, Wellington
Bywoning: 30 268
Skeidsregters: Richard Kettleborough (Eng) en Bruce Oxenford (Aus)
Speler van die wedstryd: Martin Guptill (NZ)
  • Nieu-Seeland het die loot gewen en verkies om te kolf.

Rugbyliga-toetswedstryde

[wysig | wysig bron]
DatumTeenstaanderTellingToeskouersDeel van
13 Julie 2001Vlag van Australië Australië10–2826 580
12 Oktober 200224–3225 015
11 November 2006Vlag van Verenigde Koninkryk Groot-Brittanje34–416 4012006 Drienasies
11 Oktober 2007Vlag van Australië Australië0–5816 681
23 Oktober 2010Vlag van Engeland Engeland24–1020 3242010 Viernasies
12 November 2014Vlag van Australië Australië22–1825 0932014 Viernasies-eindwedstryd

Vrouesokkerwêreldbeker 2023

[wysig | wysig bron]
Datum Tyd (NZST) Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
21 Julie 202319:30Vlag van Spanje Spanje3–0Vlag van Costa Rica Costa RicaGroep C22 966
23 Julie 202317:00Vlag van Swede Swede2–1Vlag van Suid-Afrika Suid-AfrikaGroep G18 317
25 Julie 202317:30Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland0–1Vlag van Filippyne FilippyneGroep A32 357
27 Julie 202313:00Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State1–1Vlag van Nederland NederlandGroep E27 312
29 Julie 202319:30Vlag van Swede Swede5–0Vlag van Italië ItaliëGroep G29 143
31 Julie 202319:00Vlag van Japan Japan4–0Vlag van Spanje SpanjeGroep C20 957
2 Augustus 202319:00Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika3–2Vlag van Italië ItaliëGroep G14 967
5 Augustus 202320:00Vlag van Japan Japan3–1Vlag van Noorweë NoorweëAgtste eindrondte33 042
11 Augustus 202313:00Vlag van Spanje Spanje2–1 (e.t.)Vlag van Nederland NederlandKwarteindrondte32 021

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. ↑ (en) http://westpacstadium.co.nz/key-facts/ Geargiveer 29 November 2014 op Wayback Machine
  2. ↑ (en) "Westpac Stadium, Wellington, New Zealand". ESPNcricinfo.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2019. Besoek op 29 November 2015.
  3. ↑ (en) http://www.worldofstadiums.com/oceania/new-zealand/westpac-stadium/ Geargiveer 16 September 2016 op Wayback Machine
  4. ↑ (en) "Westpac Stadium". ESPNcricinfo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 20 Februarie 2019.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]